Angela Merkel

Angela Merkel
Angela Merkel
Angela Merkel in 2010

Bondskanselier van Duitsland
Ampstermyn
22 November 2005 – 8 Desember 2021
Vise Franz Müntefering
Frank-Walter Steinmeier
Guido Westerwelle
Philipp Rösler
Sigmar Gabriel
Olaf Scholz
President Horst Köhler
Christian Wulff
Joachim Gauck
Frank-Walter Steinmeier
Voorafgegaan deur Gerhard Schröder
Opgevolg deur Olaf Scholz

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
22 September 2002 – 21 November 2005
Vise Michael Glos
Kanselier Gerhard Schröder
Voorafgegaan deur Friedrich Merz
Opgevolg deur Wolfgang Gerhardt

Minister van die Omgewingsake, Natuurbewaring en Kernreaktorveiligheid
Ampstermyn
17 November 1994 – 26 Oktober 1998
Voorafgegaan deur Klaus Töpfer
Opgevolg deur Jürgen Trittin

Minister vir Vroue- en Jeugsake
Ampstermyn
18 Januarie 1991 – 17 November 1994
Voorafgegaan deur Hannelore Rönsch
Opgevolg deur Claudia Nolte

Persoonlike besonderhede
Gebore Angela Dorothea Kasner
17 Julie 1954 (1954-07-17)
Hamburg, Wes-Duitsland
Nasionaliteit Vlag van Duitsland Duitsland
Politieke party Christelik-Demokratiese Unie (CDU)
Ouers Horst Kasner (vader)
Eggenoot/-note Ulrich Merkel (1977–1982 geskei)
Joachim Sauer (1998-nou)
Alma mater Universiteit van Leipzig
Religie Luthers
Handtekening

Angela Dorothea Merkel (Duits: [ˈaŋɡela doʁoˈteːa ˈmɛʁkl̩], ; gebore op 17 Julie 1954 in Hamburg) het van 22 November 2005 tot en met 8 Desember 2021 as eerste minister ("bondskanselier") van Duitsland gedien.

Merkel was 'n Oos-Duitse fisikus en begin haar politieke loopbaan na die Duitse hereniging in die politieke party die Christelik-Demokratiese Unie (CDU). In die tydperk tussen 1991 en 1994 beklee sy die amp van Minister van Gesin-, Bejaarde- en Jeugsake. Van 1994 tot 1998 is sy Minister van Omgewingsake, Natuurbewaring en Kernreaktorveiligheid.

In 2000 was sy die eerste vrou wat as voorsitter van die CDU verkies is, en was van 2005 tot 2021 die eerste vroulike regeringshoof van Duitsland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search